Tuis Produkte Inligting Kontak ons

Click for English

Pret Rekenaars bestaan sedert Oktober 1998 en spesialiseer in die ontwikkeling van pasmaak sagteware vir ‘n wye verskeidenheid van applikasies.

Ons lewer ook ondersteunende dienste aan gebruikers van ons produkte. Met die moderne tegnologie is dit so maklik om direk in te skakel op die klient se rekenaars en te ondersteun en sodoende die kostes van reis, verblyf en tyd te minimaliseer.

Sagteware

Hardeware

As gevolg van baie jare ondervinding met netwerke, skale, weegbrug toerusting, staaf-kodes (“bar-coding”), drukkers, skootrekenaars en die normale rekenaar toerusting, kan ons klante van uiters professionele raad en toerusting bedien.

Antivirus

Een van die mees algemene probleme wat ons oor die jare ondervind het, is die probleem rondom virusse. Die mees betroubare produk wat ons al vir baie jare gebruik, verskaf en ondersteun is ‘e Scan.


Hierdie produk kan direk by ons aangekoop word en ons sal die kodes vir u per e-pos aanstuur